Local News
Stiefpa verskyn weer weens beweerde moord op Poppie van der Merwe─── 05:53 Thu, 17 Nov 2016

Brits - Die man wat van die moord op sy stiefdogter verdink word, die driejarige Poppie van der Merwe, verskyn na verwagting vandag weer in die landdroshof op Brits.
Kobus Koekemoer is verlede maand by sy huis op 'n plaas by Mamogaleskraal by Brits in hegtenis geneem. Hy is sedertdien in aanhouding en sal na verwagting vandag aansoek doen om borgtog.
Poppie het in 'n hospitaal aan haar beserings beswyk nadat Koekemoer haar na bewering herhaaldelik geskop het. Die dogterjie het saam met haar broer en hul ma, Louisa, by Koekemoer op die plaas gebly.
Gemeenskapslede het buite die hof betoog tydens Koekemoer se vorige verskyning en geëis dat hy nie op borgtog vrygelaat word nie.
OFM-nuus