On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Bloemspruit polisie soek baba se moordenaar

───   06:58 Mon, 12 Dec 2016

Bloemspruit polisie soek baba se moordenaar | News Article

Bloemspruit - Die Bloemspruit polisie ondersoek 'n saak van moord, nadat die lyk van 'n baba in 'n veld naby Fase 7 buite die stad gevind is.


Die baba was vermoedelik tussen twee en drie maande oud, en is in 'n wit plastieksak toegedraai gevind. 

Volgens 'n verklaring het 'n man laat Saterdagmiddag deur die veld gestap en op die gru-vonds afgekom. 

Die polisie nooi enigeen met inligting oor die moord om hulle te kontak, en sal vanmiddag om 5 uur 'n gemeenskapsvergadering in Fase 7 hou, om toenemende misdaad in die gebied te bespreek.

Verklaring verskaf

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.