On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

R31 moet dadelik sluit weens sinkgat - ingenieur

───   ANDRE GROBLER 13:50 Thu, 12 Jan 2017

R31 moet dadelik sluit weens sinkgat - ingenieur  | News Article
Verskaf deur Melt Badenhorst

Kuruman - 'n Ingenieur van Pretoria sê die R31 tussen Kuruman en Daniëlskuil in die Noord-Kaap moet onmiddellik vir verkeer gesluit word. Melt Badenhorst glo 'n massiewe sinkgat kan die pad 'insluk'.


Hy het die toneel vanoggend besoek en aan OFM-nuus gesê mense onderskat die krag van water. Hy sou die pad onmiddellik vir verkeer sluit.

Die sinkgat het Woensdagmiddag, verlede week, tydens 'n swaar reënbui skielik ontwikkel en binne sowat twee ure het 'n waterval na benede gestort. Hy sê die sinkgat is op plekke tot 100 meter lank en 30 meter diep en loop tot langs die R31-teerpad.

Badenhorst is van mening dat die pad binne die volgende paar uur deel van die sinkgat kan word en dat die situasie baie ernstig is.

Badenhorst se hy het vanoggend 'n voorlopige verslag aan die Noord-Kaapse departement van paaie gestuur en hulle ingelig oor die situasie soos hy dit sien.



Badenhorst sê amptenare het aangedui dat hulle personeel na die toneel stuur.

Woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van paaie, Crystal Robertson, se 'n span ingenieurs van die departement het vanoggend die toneel besoek om die situasie te evalueer. Sy sê die pad is tans oop en word vir verkeer gebruik.


Sy sê 'n verslag met aanbevelings sal deur die ondersoekers an die departement verskaf word.

Robertson sê die verslag was teen 13:00 vanmiddag nog nie beskikbaar nie.
 
Sy sê die departement sal na die aanbevelings kyk en 'n besluit neem of die pad gesluit gaan word vir verkeer en of daar 'n aanbeveling gemaak sal word vir die gebruik van 'n alternatiewe roete.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.