Local News
Marquard-aanval: Egpaar sterk goed aan in Bfn-hospitaal─── CHRISTAL-LIZE MULLER 10:15 Mon, 06 Feb 2017
Marquard - 'n Egpaar van Marquard in die Vrystaat wat wreed in hul huis aangeval is die naweek, sterk goed aan in 'n Bloemfonteinse hospitaal.
Ilse Botha sê dit gaan onder die omstandighede goed met haar ouers, Lourie en Celia van der Merwe, albei 60, wat Saterdagnag in hul huis deur 'n onbekende rower met 'n mes aangeval is.
Lourie het vier steekwonde aan die lyf opgedoen, terwyl Celia met 'n mes in haar gesig gesteek is. Botha sê haar ma se boonste kakebeen is gebreek en sy het frakture in haar gesig opgedoen. Sy sê haar pa het haar ma die hele tyd beskerm. Sy sê die booswig het haar ouers verskeie kere met die dood gedreig.
Die rower het weggehardloop nadat Lourie hom verskeie kere geskop en afgeweer het. Botha sê R250 en 'n selfoon is gebuit. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
OFM-nuus
