Local News
NK-polisie monitor situasie by Douglas─── MARK STEENBOK 14:08 Wed, 03 May 2017

Douglas - Die Siyancuma Munisipaliteit sê polisie en verkeersowerhede is besig om die situasie te monitor nadat gemeenskapslede vandag die pad tussen Douglas en Bongani met bande en klippe afgespêr het.
Polisiewoordvoerder, Dimakatso Mooi sê ongeveer 140 mense het in Bongani oor dienslewering begin protes lewer. Sy sê die pad vanaf die informele nedersetting na die dorp was geblokeer. Die munisipaliteit se Andrew Snyders het bevestig dat die pad tans oop is, en dat onderhandelinge tussen die owerhede en lede van die gemeenskap onderweg is. Hy sê gemeenskapslede het reeds 05:00 met protesaksie begin.
- OFM-Nuus