Local News
Opod ondersoek skietvoorval in Batho─── CATHY DLODLO 11:46 Thu, 22 Jun 2017

Bloemfontein - Die Batho-gemeenskap in Mangaung is in ‘n toestand van skok nadat ’n man in sy vroeë twintigerjare gisteraand laat voor sy huis in dié woonbuurt doodgeskiet is.
Inwoners met wie OFM-nuus gepraat het, beweer dat die jongman – wie se naam aan OFM-nuus bekend is maar nie bevestig kon word nie – verkeie kere deur die polisie geskiet is. Sy familie wou nie met die media praat nie, maar die polisie in die Vrystaat het intussen die voorval bevestig.
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), wat verantwoordelik is om alle sake te ondersoek waarby polisielede betrokke is, het ‘n ondersoek na dié voorval bevestig. Woordvoerder Moses Dlamini sê min inligting oor die saak is nog beskikbaar.
OFM-nuus