On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Oorsaak van brande by Bainsvlei onbekend

───   MARK STEENBOK 11:12 Sun, 10 Sep 2017

Oorsaak van brande by Bainsvlei onbekend | News Article
Foto: Francis Gouws

Bloemfontein - Die oorsaak van verskeie brande wat gisteraand in die Bainsvlei-omgewing in Bloemfontein uitgebreek het, is nog onbekend.


Francis Gouws van die Bainsvlei GPF sê hulle het omstreeks 20:30 ‘n oproep gekry van ‘n brand op die R64. 

Sy sê toe hulle op die toneel aankom, het hulle gevind dat ses brande in die bestek van vyf minute gelyktydig uitgebreek het. 

Sy sê die Mangaung-brandweerdienste, met behulp van verskeie brandbestryders, moes ingryp om die brande te blus. 

Sy sê verskeie voerstore het erg skade gely.

“Ons het al ons beskikbare vuurvegters gekry om te gaan help, die eerste brand was ‘n veldbrand, wat redelik ernstig was. Daar was ‘n klomp hout wat gebrand het. Toe het ons gehoor dat store besig was om te brand."

Gouws sê die een perseel is ‘n vol voerstoor waar bale lelik gebrand het, asook trekkers en voertuie wat teen die stoor gestaan het, wat ‘n groot bekommernis was. By dieselfde perseel is ‘n werkershuis ook totaal in die brand vernietig,” sê Gouws.


OFM-nuus


Podcasts

Francis Gouws van die Bainsvlei GPF:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.