Local News
Bekende van Kestell vermoor─── 15:53 Sat, 13 Jan 2018

Johann Ramage, eienaar van Retiefboekwinkel in Kestell, is na bewering laasnag in sy huis op die dorp vermoor.
'n Polisieverklaring is nog nie uitgereik nie. Een van die besighede langs Retiefboekwinkel se personeel het glo opgemerk dat dit onnatuurlik stil is by Johan se winkel en woonplek aan die agterkant van die winkel, en vandag gaan ondersoek instel.
Abrie Beukes, skoolhoof van Hoërskool Retief, het 'n jare lange pad van vriendskap met Johann geloop wat saam met sy ma, wyle Rita, vir bykans 85 jaar lojaal aan die skool verbonde was.
Volgens Beukes is dit vir hom 'n groot skok, want Johann was 'n mens wat niemand ooit sou skade aandoen nie. Hy het verlede Woensdagaand vir sowat twee uur lank by sy huis met Marie Odendaal van die skool en haar man gepraat en vir hulle gesê wat alles gedoen moet word as hy tot sterwe sou kom.
Beukes sê dit is vir hom erg dat Johann so aan sy dood moes kom. Johann sal, soos sy ma, uit die skoolsaal van die skool begrawe word.
Susan Maré/LENS