On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Gemoedere loop hoog by Brandwag woonstelle

───   MARK STEENBOK 15:09 Thu, 05 Apr 2018

Gemoedere loop hoog by Brandwag woonstelle | News Article
Foto: Mark Steenbok

Gemoedere het vroeer by die Brandwag-woonstelle in Bloemfontein hoog geloop nadat nog inwoners gevra is om hulle besitings te verwyder - hierdie keer by n ander blok woonstelle op die terein.


Dit, ten spyte van n vergadering wat omstreeks 15:00 sou afskop om n weg voorentoe te bepaal. Ongeveer 49 inwoners  trotseer sedert gisteroggend die buitelug nadat hulle besitings uit hulle wonings verwyder is.

OFM-nuus het 'n kort rukkie gelede weer by die woonstelle aangekom; hierdie keer was die atmosfeer nie so kalm soos vroeër vanoggend nadat polisielede en sommige inwoners slaags geraak het nie.

Die polisie het ook rubberkoëls afgevuur, terwyl asdromme in die straat omgeskop en aan die brand gesteek is.

Volgens inligting is 'n handvol mense ook inhegtenis geneem, maar OFM nuus kon nog nie bevestig op watter aanklagtes nie.

Oud en jonk is egter onseker waar hulle venaand gaan slaap terwyl hulle besittings verwyder word.

OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.