Local News
VS-Lesotho grenspos beveilig─── 07:16 Thu, 03 Mar 2011

Christopher Motabogi
Veiligheid by die Suid-Afrikaanse grenspos tussen die Vrystaat en Lesotho gaan vanaf die 1ste April opgeskerp word. Woordvoerder vir die nasionale weermag Siphiwe Dlamini, sê die probleem rondom veediefstal, wat op albei kante van die grenspos ervaar word, gaan aangespreek word. Volgens Defence-web, die weermag se nuusbrief, gaan R341 miljoen vanjaar gebruik word om grensbeheer by onder meer die Lesotho-grens op te skerp.
VS-Lesotho grenspos beveilig: