On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan OFM
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Twee vasgetrek vir Boet Cilliers se moord

───   12:33 Thu, 02 Feb 2012

Twee vasgetrek vir Boet Cilliers se moord | News Article

Mariné Jacobs

Stella - Twee verdagtes wat na bewering die naweek 'n boer op sy plaas in Stella naby Vryburg vermoor het, is in hegtenis geneem. Hendrik Johannes Cilliers is Sondag tydens 'n huisinbraak op sy plaas Erfdeel vermoor en die verdagtes het met sy motor gevlug. Volgens polisiewoordvoerder Brigadier Ngubane, is die twee verdagtes, onderskeidelik 15 en 28 jaar oud, vanoggend in die Ramabesa nedersettings naby Madibogo vasgetrek. Die verdagtes sal môre voor die Vryburg Landdroshof verskyn op aanklagte van moord, huisbraak en diefstal.

 

 


Podcasts

Twee vasgetrek vir Boet Cilliers se moord:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.