Local News
Groot tekort aan bloed─── 14:54 Tue, 03 Apr 2012

Lani Fouché, Marlene Viljoen
Daar is 'n groot tekort aan bloed in die Vrystaat en Noord-Kaap. Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens, Irene van Schalkwyk, sê daar is tradisioneel dié tyd van die jaar 'n landwye bloedtekort, omdat gereelde skenkers weg is met vakansie. In Kimberley, sê woordvoerder Magda Tesner, is hul teiken om 80 eenhede bloed per dag in te win, maar hulle kon in die afgelope paar dae slegs 40 eenhede insamel. Sy sê dat daar môre 'n spesiale klinik by ABSA se hooftak in Bultfonteinweg gehou word.
Groot tekort aan bloed: