Local News
Bloemskou skop eersdaags af: Program─── 09:46 Wed, 25 Apr 2012

Lani Fouché
Die 128ste Bloemskou skop môre in die Rosestad af. Organiseerders hoop om vanjaar 'n rekordgetal besoekers te lok. Die nuwe president van Bloemskou, Len Davies, sê daar gaan jaarliks sowat 100 000 besoekers deur die hekke, maar hul hoop om met vanjaar se nuwighede méér mense te lok.
Die uitvoerende direkteur van Bloemskou, Elmarie Prinsloo, sê dié skou spog al vir die afgelope paar jaar met die land se grootste kuns- en binnenshuise-uitstallings. Die skou duur tot 5 Mei. Vir 'n volledige program van die vermaak, stalletjies, pretpark, landbou- en kinderaktiwiteit wat by vanjaar se skou te sien gaan wees, besoek ofm se nuusblad.
Opvoedkundige toere
Vanjaar word daar in samewerking met Farmlink verskeie opvoedkundige toere na die landbou afdelings onderneem en kinders en hulle ouers kan gerus hierdie lekker en leersame uitstappies gratis meemaak. Die groep vertrek vanaf die Vodacom gebou se stasie, saam met die treintjie na die onderskeie afdelings.
26 April 2012: 17:00 *Vodacomtreintjie – Farmlink Opvoedkundige toer na melkstalle
(vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
27 April 2012: 10:00 * Vodacomtreintjie – Farmlink Opvoedkundige toer na skape
(vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
29 April 2012: 14:00 *Vodacomtreintjie – Farmlink Opvoedkundige toer na boerperde
(vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
30 April 2012 14:00 *Vodacomtreintjie – Farmlink Opvoedkundige toer na friesperde
(vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
1 Mei 2012 14:00 *Vodacomtreintjie – Farmlink Opvoedkundige toer na miniatuurperdjies
(vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
2 Mei 2012 14:00 *Vodacomtreintjie: Farmlink Opvoedkundige toer na ‘tentpegging’ (Gymkana)-perde (vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
3 Mei 2012 14:00 *Vodacomtreintjie: Farmlink Opvoedkundige toer na ‘tentpegging’ (Gymkana)-perde (vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
17:00 *Vodacomtreintjie: Farmlink Opvoedkundige toer na Inheemse Veldbokke
(vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
4 Mei 2012 14:00 *Vodacomtreintjie: Farmlink Opvoedkundige toer na ‘tentpegging’ (Gymkana)-perde (vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
Pretpark
Daar is weer vanjaar ‘n groot verskeidenheid ritte vir oud en jonk. Die kaartjiepryse is dieselfde as die van verlede jaar, m.a.w. R10 per kaartjie. Die kleinritte kos almal slegs een kaartjie, die middelslagritte twee kaartjies, en die grootritte drie kaartjies.
Die Olympic Express is ‘n splinternuwe rit wat vanjaar by Bloemskou sal wees. Slegs persone van die ouderdom 8 jaar en ouer word hierop toegelaat. Die grootte van die rit is 20m x 20m en die hoogte daarvan is ongeveer 10m. Dit is ‘n besonderse rit en op die oomblik die gewildste by die pretpark.
Om die pretpark bietjie meer bekostigbaar te maak vir die adrenalien-verslaafdes en families met baie kinders, het Bloemskou besluit om op die eerste Sondag, 29 April, een gratis pretparkkaartjie aan alle skoolgaande kinders te gee as hulle Bloemskou besoek.
As jy nie die Familiedag kan meemaak nie, maak ‘n aantekening in jou dagboek vir 2 en 3 Mei. Op die twee dae kan jy onbeperkte ritte die HELE DAG lank teen slegs R100 geniet!! Besoekers moet daarop let dat rite begin sodra daar genoeg mense en belangstelling is.
4x4 Extravaganza
Groot lekkerte wag vanaf April op 4x4-aanhangers! Die eerste MTN 4x4-demonstrasiebaan in Bloemfontein met maklike toegang en agt hindernisse is op die Bloemskou-gronde ontwikkel en word ingewyd tydens die 2012 Bloemskou vanaf 26 April tot 5 Mei 2012.
Die baan is aan die oostekant van die BKB-kleinveesentrum, aan die landboukant van die skougronde, geleë. Die uitstalruimtes is op die roete vanaf die hoof-arena na die baan te kry. Die aktiwiteite op die MTN 4x4-baan gaan uitstekende blootstelling bied aan die verwagte 100 000 besoekers, uitstallers, boere en landboutelers vanoor die hele Suid-Afrika wat Bloemskou jaarliks besoek.
Bloemskou is dus opgewonde om aan die spesifieke behoefte te voorsien!
MTN sal die naamborg van die Bloemskou 4x4-demonstrasiebaan wees en beplan baie opwindende promosies en spesiale aanbiedinge, veral aan boere, tydens die Bloemskou. Ses groot firmas en handelaars is as borge van die agt hindernisse betrokke. Hul onderskeie voertuie kan ook tydens die demonstrasies gebruik word. Demonstrasies sal daagliks om 11:00 en 15:00 plaasvind, terwyl die betrokke borge tussendeur ook hul voertuie op die baan sal demonstreer.
Die betrokke borge van die 8 hindernisse sluit in Lindsay Saker (Audi & Volkswagen), General Motors (Isuzu), DTV, Mahindra en Pride in Tyres. Die hindernisse sluit in: bult, chamber, twee soorte Axel-twisters, sand, water, klip en die wipplank.
Die MTN 4x4-demonstrasiebaan op die skougronde kan ook regdeur die jaar gehuur word vir spanbou-, promosie- en demonstrasiedoeleindes.
Kos en uitstallers
Besondere uitstallers besoek vanjaar die Bloemskou en ons spog met heelwat spinternuwe uitstallers:
• Gereedskap en masjinerie
• Skaapvelprodukte wat insluit, pantoffels, motorsitplek-oortreksels, ens.
• Elektroniese speletjies soos PSP, Wii, Xbox, PS2 & PS3
• PVC-plafonne
• LED-flitse, gloeilampe en & solar telefone
• Son- en sonkragprodukte
• Boogskiettoerusting
• Stelsel vir die selfkweking van groenvoer
• Lasergesnyde houtprodukte en -naamborde
• Gestapelde dekoratiewe blompotte
• Omskakeling van motor-enjins
• 4x4-bybehore en kampeertoerusting
• Behandeling van waterskade en verskeie soorte verf
• Inflammatoriese spuitmiddel
• Springbok- en Nguni-velle en -produkte
• Deursigtige diefwering
• Voorraadbeheer-toerusting vir kroeë
• Opsporingstelsels vir lewendehawe
• Jagters- en wildbewaringsvereniging
• Veiligheidsklere en bybehore
Heerlike smulkos is vanjaar op die skouspyskaart, soos:
• Braaivleis, pannekoek, boereworsrolle, hamburgers, pap en sous
• Sjinese roerbraaigeregte (?)produkte
• Roosterkoeke
• Potjiekos
• Gevriesde joghurt
• Koedoe-sosaties en-burgers
• Halaal-kos
• Geroosterde neute
• Mini-doughnuts
• Wegneem-visgeregte
• Aartappelskyfies met souse, aartappels op ‘n stokkie
• Gevulde shwarmas
• Gevulde panini’s en Belgiese stokkiewafels
• Pizza in ‘n ‘cone’
• Roomys, spookasem, toffieappels
• Verskeie restaurante en eetplekke
Pragtige meubels, binneshuise-versiering, en bybehore soos skilderye en staanhorlosies vorm deel van die uitstaande uitstallings in die Lily-saal.
Motor-uitstallings op die roete na die MTN 4x4-baan sluit in: Mahindra Bfn, Lindsay Saker Bfn (Audi en Volkswagen), Imperial GM (Isuzu) en DTV. Uitstallers wat 4x4-bybehore en kampeertoerusting uitstal, en motors herbou tot 4x4- standaarde, is ook te sien, asook ander motor-uitstallers soos Bloemfontein Multi Franchise met Kia, en Bloemfontein Motors met GWC.
Van die nuwe landbou-uitstallings wat vanjaar by Bloemskou te sien is, sluit in trekkers en landbou-implemente. Bykomend hiertoe word laaibanke, kweking van groenvoer, voermengers, organiese komposmengers, omheinings, draad, toebehore vir perdeboerderye en sleepwaens wat volgens die boer se behoefte gebou word, ook uitgestal.
Vermaak
Die hoof-vermaakprogram sluit die volgende vertonings op die Pick ‘n Pay-verhoog in:
Donderdag, 26 April 2012 – Mej. Windmill Bloemskou met Brandon October (19:00)
Vrydag, 27 April 2012 – Quentin Prinsloo (18:00) & Arno Jordaan (19:00)
Saterdag, 28 April 2012 – OFM bied aan Karlien van Jaarsveld (19:00)
Sondag, 29 April 2012 – Lollos (12:00), Lara Badenhorst (12:30) & Bloemsec bied aan Romanz (13:00) – Oranje Toyota Arena
Maandag, 30 April 2012 – Liewe Heksie (13:00); Dr Victor & the Rasta Rebels (19:00)
Dinsdag, 1 Mei 2012 – PWC bied aan Jay & Lianie May (19:00)
Woensdag, 2 Mei 2012 – Marnet (18:00) & Vertical Signs bied aan Steve Hofmeyr (19:00)
Donderdag, 3 Mei 2012 – Jannie Moolman (18:30) & Ray Dylan (19:30)
Vrydag, 4 Mei 2012 – David Fourie (18:30) & ovaalbaanwedrenne (20:00)
Saterdag, 5 Mei 2012 – LesediFM & Hansa Pilsner bied aan Hugh Masekela (20:00) – Oranje Toyota Arena
Kindervermaak
26 April 2012: 17:00 *Vodacomtreintjie – Farmlink Opvoedkundige toer na melkstalle
(vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
18:30 *Mej Windmill Bloemskou word gekroon met Brandon October as gaskunstenaar
(Pick a Pay Amfiteater)
27 April 2012: 10:00 * Vodacomtreintjie – Farmlink Opvoedkundige toer na skape
(vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
*Nasionale Skaapskeer- en Wolhanteringskampioenskap
(BKB-kompleks)
28 April 2012: 09:00 *Skeer-, spin-, en breikompetisie – heeldag
(Pepsi Amfiteater)
*Nasionale Jack Russellskou
(Hoofbeesring)
10:00 *Nasionale Skaapskeer- en Wolhanteringskampioenskap
(BKB-kompleks)
*SA Saalperdkampioenskappe
(Oranje Toyota-hoofarena)
11:00 *Kleine Mej Bloemskou en Little Miss Daisy
(Pick a Pay Amfiteater)
29 April 2012: *R10 afslag op alle toegangspryse. Skoolgaande kinders ontvang een gratis pretparkkaartjie wanneer toegangskaartjie by pretpark getoon word.
*Nasionale Jack Russellskou
(Hoofbeesring)
12:00 *Lollos-vertoning
(Oranje Toyota-hoofarena)
14:00 *Vodacomtreintjie – Farmlink Opvoedkundige toer na boerperde
(vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
30 April 2012 13:00 *Liewe Heksie - oorspronklike produksie
(Pick a Pay Amfiteater)
*Skeerdemonstrasies
(Pepsi Teater)
14:00 *Vodacomtreintjie – Farmlink Opvoedkundige toer na friesperde
(vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
1 Mei 2012 13:00 *Miniatuurperdjies-parade
(Oranje Toyota-hoofarena)
*Skeerdemonstrasies
(Pepsi Teater)
13:30 *Rooikappie en Wolf
(Pick a Pay Amfiteater)
14:00 *Vodacomtreintjie – Farmlink Opvoedkundige toer na miniatuurperdjies
(vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
2 Mei 2012 *Betaal R100 by pretpark vir onbeperkte ritte die hele dag. Ritte open sodra daar genoeg mense is.
Halfprysdag: R25 per volwassene en R15 per skoolgaande kind
14:00 *Vodacomtreintjie: Farmlink Opvoedkundige toer na ‘tentpegging’ (Gymkana)-perde (vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
3 Mei 2012 14:00 *Vodacomtreintjie: Farmlink Opvoedkundige toer na ‘tentpegging’ (Gymkana)-perde (vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
Betaal R100 by pretpark vir onbeperkte ritte die hele dag
17:00 *Vodacomtreintjie: Farmlink Opvoedkundige toer na Inheemse Veldbokke
(vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
17:30 *Beesteparade deur wandellane
(Hoofwandellaan)
4 Mei 2012 *Skeerdemonstrasies
(Pepsi Teater)
*Gymkana Divisie-kampioenskap (08:00-14:00)
(Oranje Toyota-hoofarena)
14:00 *Vodacomtreintjie: Farmlink Opvoedkundige toer na ‘tentpegging’ (Gymkana)-perde (vertrek vanaf Vodacom-stalletjie)
18:00 *1 SDB Militêre Parade
(Oranje Toyota-hoofarena)
20:00 *Ovaalbaanwedrenne – kom kyk hoe jaag die karre!!
(Oranje Toyota-hoofarena)
5 Mei 2012 *Skeerdemonstrasies
(Pepsi Teater)
Tariewe
Op die volgende dae sal ander tariewe geld, naamlik:
• Sondag, 29 April, is Familiedag met R10 afslag vir almal. Elke skolier kry op die dag ’n gratis pretparkkaartjie.
• Woensdag, 2 Mei, is halfprys-dag. Dan betaal volwassenes R25 en skoliere en senior burgers slegs R15. Die pretpark het op die dag ’n spesiale aanbod vir onbeperkte ritte die hele dag lank vir net R100 per persoon.
• Die pretpark het ook op 3 Mei die spesiale pretpark aanbod van R100 per persoon vir onbeperkte ritte die hele dag.
• Op die laaste Saterdag van die skou, op 5 Mei, is internasionaal bekende musikant, Hugh Masikela, ons hoofkunstenaar. Toegang op hierdie dag beloop slegs R80 vir volwassenes en R30 vir skoliere en senior burgers.
Toegangshekke is daagliks tussen 09:00 – 20:00 oop, behalwe op Sondag, 29 April, tot 17:00, en Saterdag, 5 Mei, tot 22:00. Uitstalsale se handelsure is daagliks vanaf 10:00 – 20:30. Op Sondag, 29 April, is handelsure egter van 10:00 – 17:00 en op die laaste Saterdag, 5 Mei, is dit van 10:00 – 20:00.
Vir meer inligting, besoek www.bloemskou.co.za.
Bloemskou skop eersdaags af: Program: