Local News
Curious Creatures reik uit na voorheen benadeelde kinders─── 16:37 Wed, 11 Jul 2012

Lani Fouché
Bloemfontein - Curious Creatures, wat 'n eerste in die land by die Vryfees in Bloemfontein is, se span deel nou hul geheime met kinders uit voorheen benadeelde gemeenskappe in die provinsie.
'n Digitale- en mediakunstenaar van Australië, en skepper van Curious Creatures, Jimmy McGilchrist, en sy span is tans by die Vryfees met hul skepping wat spesiaal ontwerp is om mense na feeste te lok.
Dit is 'n skerm waarop dierekarakters geprojekteer word, wat dan interaktief met mense kan wees. Hy sê veral nuuskierige kinders sal baat by die werkswinkels wat hulle aanbied.
'n Groep kinders van die Petunia-hoërskool in Heidedal besoek Curious Creatures vandag, en kinders van Lebone Village sal môre daar 'n draai maak. Curious Creatures is by Mooimeisiesfontein.
Curious Creatures reik uit na voorheen benadeelde kinders: