On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

Mid-Morning Magic kyk terug na 35 jaar van OFM

───   08:43 Thu, 01 Jul 2021

Mid-Morning Magic kyk terug na 35 jaar van OFM | News Article

Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens onthou 35 jaar van OFM met Nianell, Laurika Rauch en Albe Grobbelaar. Luister en kyk na die herinneringe hieronder.

Op 1 Julie word OFM 35! En daar is soveel onvergeetlike herinninge wat ons saam gemaak het...

Om hierdie mylpaal te vier, kyk Mid-Morning Magic terug na 35 jaar van OFM.

Yolanda Maartens se dat OFM het haar lewe verander en tot vandag toe nog haar 'n beter mens gemaak.

"In 2009 het ek die On Air Search-soektog gewen op OFM. Dit het my lewe absoluut verander. Ek het vir 2 jaar vanaf ons ateljee in Potchefstroom uitgesaai en toe in 2011 Bloemfontein toe verhuis om by Johrne van Huyssteen aan te sluit as vervaardiger van Huistoe."

Sy het iets van alles gedoen oor die jare, selfs die OFM Eye in the Sky by Nampo. 

"Probeer dit, radio vanuit 'n vliegtuig. Later jare het ek my eie program aangebied, A slice of life, en saam met Andre Kunz die Breakfast Special aangebied vir 'n jaar. Na 5 jaar weg is dit vir my heerlik om al meer as 'n jaar weer terug te wees."

Die feesvieringe was Donderdagoggend volop op Mid-Morning Magic. Yolanda het met plaaslike musieklegende, Laurika Rauch gesels wie van haar gunstelling oomblikke met OFM herroep. Luister na die die potgooi hier:

Albe Grobbelaar, oud-programbestuurder en -omroeper, het ook met Yolanda gesels, en het selfs 'n paar interessante agter-die-skerm staaltjies gedeel. 

(V.L.N.R - Manie Kitching, Jolene du Plessis, Willem Botha en Albe)

(Albe met Radio Oranje se heel eerste twee omroepers, Jolene du Plessis en Manie Kitching. Bo in 1986 en onder 25 jaar later)

Nianell is nog 'n kunstenaar wie 'n langpad met OFM gestap het. Sy het met Yolanda gesels om terug te kyk na die rol wat die stasie in haar loopbaan gespeel het.

 

Yolanda deel een van haar gunstelling herinneringe oor die jare:

"In 2013 was ek in die middae op die lug saam met Johrne van Huyssteen met Huistoe en ons het een keer 'n week luisteraars geleentheid gegee om enige iets op die lug te vra of te vertel. Een middag het ek oppad ateljee toe 'n rooi sportsmotor in die strate van Bloemfontein sien ry en net geweet dit moet my troukar wees, Ek en my man is in November 2013 getroud." 

"Daardie middag op die lug verduidelik ek toe hoe hierdie kar gelyk het maar verder het ek nie geweet wat die maak van die motor was nie. Binne enkele minute het die verkeerslyn gelui en dit was die eienaar van die rooi Mustang. Wat 'n voorreg om te weet dat OFM op 'n besonderse wyse ook deel was van my troudag - my droom troukar te danke aan die krag van radio."

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.