On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop - Aardklop innoveer met opwipfees

───   09:41 Tue, 21 Sep 2021

#OFMKunsteklop - Aardklop innoveer met opwipfees | News Article

Dis met groot opwinding dat Aardklop bekend maak dat hul voortgaan met die beplande opwipfees. Alexa Strachan, feesbestuurder gesels met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens hieroor.

‘n Mini-Aardklop, wat ‘n verskeidenheid van drama, musiek, films, gesprekke, kursusse en visuele kuns insluit, word 28 September – 3 Oktober by verskillende plekke en teaters in Pretoria aangebied: Atterbury Teater, die Voortrekkermonument en Afrikaanse Hoër Seunskool.

LEES OOK: Vrystaat Kunstefees se kreatiwiteit stop nie

Volgens Alexa Strachan is die belangrikste redes vir hierdie besluit Aardklop se behoefte om ‘n platform en hoop te bied aan kunstenaars en mense in ‘n bedryf wat op sy knieë gedwing is. Die feit dat die skool- en universiteitsvakansies bly verander, asook die beperking op getalle, maak dit onmoontlik om die fees in sy tradisionele formaat in Potchefstroom aan te bied, dus die opwindende opwipfees.

Klik hier vir meer besonderhede oor die opwipfees. Luister ook na die podsending hieronder.


Podcasts

#OFMKunsteklop - Aardklop innoveer met opwip fees:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.