Mid-Morning Magic
#OFMHeartWeek - Cholesterol en ander risikofaktore─── 09:16 Fri, 01 Oct 2021
Yolanda Maartens gesels met Perch Kapp oor cholesterol. Luister na die potgooi hieronder.
In Suid-Afrika word daar gedurende Septembermaand bewusmaking geskep rondom hartgesondheid.
LEES OOK: Raak aktief om hart gesond te hou
Cholesterol is ’n sagte, vetterige stof in die bloed wat ’n belangrike rol speel om sekere hormone en gal vir vertering te vervaardig.
Hoë cholesterol is een van die grootste risikofaktore vir kardiovaskulêre siektes. Of iemand nou met medikasie begin of nie, is dieet, fisieke aktiwiteit en leefstylveranderinge van kardinale belang.

Volgens Perch Kapp, gesondheidsbevorderingsbeampte van die HSFSA, kan enigiemand met hartsiektes diagnoseer word. Luister na haar gesprek met Yolanda Maartens hieronder.
Perch verduidelik wat die dieetrisikofaktor vir hoëcholesterol is, asook wat die verband tussencholesterol en COVID-19 is.
Ky ook meer hulpbronne hieroor by hierdie skakel: https://www.heartfoundation.co.za/cholesterol/.
#OFMHeartWeek - Cholesterol en ander risikofaktore:
