On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop - Emo en Demi Lee hou Grey College musiekfees

───   09:09 Thu, 28 Oct 2021

#OFMKunsteklop - Emo en Demi Lee hou Grey College musiekfees | News Article

Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels met Brenda Myburgh, Hoof van Kultuur by Grey College oor hul "Old fashioned Grey'tness"-musiekfees.

"Old fashioned Grey'tness" is die opwindende tema vir vanjaar se Nedbank Grey College Musiekfees.

LEES OOK: Amazing Addo perfectly combines agriculture, arts and adventure

Die jaarlikse Grey Kollege Musiekfees is vanjaar in sy 'soet 16' skoene en die skool het sy 166ste verjaarsdag op 13 Oktober 2021 gevier.

Met Covid-19 wat in 2021 steeds 'n werklikheid is, moes die Kultuurdepartement van Grey Kollege weer aanpas, dus sal die musiekfees vanjaar liewer as 'n professioneel volgepakte aanlynmusiekfees beskikbaar wees. Dit sal later in November verskyn - so maak seker om grey Kollege se sosiale media platforms dop te hou.

Al die items op die program is op die Grey-kollege-kampus opgeneem.

Vanjaar is die twee bekende kunstenaars wat saam met die seuns gaan optree niemand anders nie as Demi Lee Moore en Emo Adams.

Emo deel meer oor die fees in die potgooi hieronder:

Luister ook na Yolanda Maartens se gesprek met Demi-Lee Moore en Brenda Myburgh hieronder:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.