Mid-Morning Magic
Wat jy van beroerte herstel moet weet─── 09:05 Wed, 03 Nov 2021
Beroertes is die grootste oorsaak van gestremdheid in Suid-Afrika en meer as 400 Suid-Afrikaners ly daagliks aan 'n beroerte. Yolanda Maartens gesels met Simoné Pretorius van die Suid-Afrikaanse Fisioterapie Vereniging in die Vrystaat.
Fisioterapeute is 'n belangrike deel van die span wat beroerte-lyers help. Die kritieke doelwit van rehabilitasie is om terugkeer na vorige funksie binne die huis-, gemeenskap- en werkslewe moontlik te maak.
LEES OOK: Stress and the immune system
Die meeste spontane herstel vind plaas binne die eerste tien weke ná beroerte en die brein het die buitengewone vermoë om homself te hermodelleer. Fisio’s help om die herstelproses te fasiliteer om optimale funksie te herstel en toekomstige komplikasies te voorkom.
Simoné Pretorius deel in die potgooi hieronder meer oor Beroerte Bewusmakingsmaand, watter stappe ons kan neem om beroertes te voorkom en hoe om na jou hart om te sien. Klik ook hier om meer te lees: https://www.saphysio.co.za/.
DISCLAIMER: This content is not intended to be a substitute for professional medical advice, diagnosis, or treatment. Always seek the advice of your physician or another qualified health provider with any questions you may have regarding a medical condition.
