On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop - Kom ontdek die Naaldekoker Noord-kaap

───   09:11 Thu, 03 Feb 2022

#OFMKunsteklop - Kom ontdek die Naaldekoker Noord-kaap | News Article

Yolanda Maartens gesels met Susan van den Berg eienaar van Die Naaldekoker Noord-Kaap. Luister na die potooi hieronder.

Die Naaldekoker bied kunsuitstallings, 'n daaglikse koffiewinkel, eksentrieke huisitems en keramiekprodukte aan.

LEES OOK: 'Are you game?' Oliewenhuis exhibition curated by the Art Museum Guides

Die galery en koffiewinkel is geleë in 'n beeldskone karoo-geinspireerde gebou in die hartjie van Philipstown, die gebou dateer terug na 1874. Philipstown is 'n Karoo dorpie sowat 56KM noord-oos van De Aar.

Hierdie gallery ook 'n studio waar daar gereelde kursusse aangebied word is. 

In die potgooi hieronder vertel Susan meer oor die gallery se ontstaan, haar passie om die plaaslike kunsgemeenskap te ondersteun en hul opkomende kunsuitstallings vir 2022.

Wys jou werk by hul Kontrei-uitstalling 

Hul rig ‘n ope uitnodiging aan kunstenaars van alle mediums en dissiplines om kunswerke voor te lê vir keuring vir ‘n uitstalling wat op 3 Maart vanjaar afskop.

Daar is ‘n paar vereistes vir kunstenaars ten opsigte van die werke wat hulle wil voorlê, en een daarvan is dat die grootte van skilderye 20 x 20cm moet wees.

Vir meer linligting, kontak gerus vir Susan van den Berg by 082 780 4752 of stuur ‘n e-pos na info@dienaaldekoker.co.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.