Mid-Morning Magic
#OFMKunsteklop – Davina de Beer: van Postmasburg na Spanje─── 09:25 Tue, 19 Apr 2022
Suid-Afrikaanse visuele kunstenaar, Davina de Beer, wat tans in Spanje gebaseer is, gesels met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens oor haar kunswerke en hoe sy haarself in Spanje bevind het.
Davina het haar BA- en MA-grade in Beeldende Kuns aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf, en ondersoek graag konsepte van geheue, ruimte en die tegno-sublieme in 'n verskeidenheid van media, insluitend gemengde media-landskapskilderye op patroonstof.
Davina, wat van Postmasburg in die Noord-Kaap af kom, is 'n internasionaal bekroonde kunstenaar en het in 2011 haar eerste solo-uitstalling in Dubai gehad.
Lees ook: #OFMArtBeat – Sony World Photography winner from Central SA
Davina is tans besig om gereed te maak vir die BADA Internasionale Kunstefees.
Vir meer, volg haar op Facebook by Davina de Beer – Visual Artist of op Instagram by davs_artist
Sentraal Suid-Afrika is trots op ons kunstenaars en hou Davina dop terwyl sy naam maak vir haarself.
