On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop – Niks "mini" aan Vrystaat Kunstefees se Mini-Mark in Julie

───   09:19 Thu, 09 Jun 2022

#OFMKunsteklop – Niks "mini" aan Vrystaat Kunstefees se Mini-Mark in Julie | News Article

In hierdie week se #OFMKunsteklop gesels Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens met Feesdirekteur, Corneli van den Berg, oor die komende Vrystaat Kunstefees Mini-Mark.

Luister na hulle gesprek hier:

Die Vrystaat Kunstefees skop hierdie jaar af met sy eerste Mini-Mark om dinge weer aan die gang te kry na sowat twee jaar sedert die streng inperkings.

Die mark word beskryf as 'n klein, intieme mark wat meestal in en om die Callie Human-saal en die Eksamenlokale gekonsentreer is, met slegs hoë kwaliteit, uniek Suid-Afrikaans-vervaardigde produkte.

Lees ook: #OFMArtBeat: Co-Op Gallery in Bloemfontein the new buzz in town

Loer in en geniet 'n klein, saamgestelde kunstemark, kos, musiek en plaaslike teaterproduksies van 12-16 Julie 2022 by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein. Kaartjies vir toegang, vermaak en teaterproduksies is reeds beskikbaar by Webtickets.

Vir meer inligting besoek Vrystaat Kunstefees. Die hooffees sal in Oktober 2022 plaasvind. 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.