On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

National

Plaasmoorde en -aanvalle aan die toeneem: Afriforum

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:08 Tue, 02 Jun 2015

Plaasmoorde en -aanvalle aan die toeneem: Afriforum | News Article

Pretoria - AfriForum sê moorde en aanvalle op plase in Suid-Afrika is vanjaar aan die toeneem en die organisasie sal aanhou om druk op die polisie te plaas om plaasmoordstatistieke van 1990 tot 2015 aan AfriForum te oorhandig.

Hoof van gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, sê vroeër vanjaar het die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, syfers bekendgemaak wat volgens AfriForum in samewerking met TLU SA se data foutief is.
 
Cameron sê volgens hul inligting is daar 316 plaasmoorde in die afgelope vyf jaar gepleeg teenoor die polisie se syfers van 271.
 
Cameron sê terwyl voortdurende druk op die polisie geplaas word om statistiek bekend te maak is dit ook belangrik dat gemeenskapsveiligheid verbeter word. Hy sê AfriForum het die afgelope jaar veiligheidsopleiding aan sowat 1 000 Suid-Afrikaners verskaf.
 
Dit kom nadat ‘n boer van Kuruman, Christo Kruger verlede week op sy plaas doodgeskiet is. Die afgelope naweek is nog ‘n werknemer op ‘n plaas by Brits in Noordwes, Andries Snyman, in sy huis vermoor.  
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Ian Cameron:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.