On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

National

Gedeeltelike sonsverduistering vandag in sentraal Suid-Afrika

───   DANE BEISHEIM 09:37 Thu, 01 Sep 2016

Gedeeltelike sonsverduistering vandag in sentraal Suid-Afrika | News Article
Foto: Buzzfeed

Klerksdorp - Tesame met Lentedag kan sentraal Suid-Afrikaners vandag ook uitsien na ‘n gedeeltelike sonsverduistering – ’n verskynsel waar slegs ‘n gedeelte van die maan voor die son inbeweeg.


Volgens Eugene Engelbrecht, ’n ruimte-fisikus van NWU se Potchefstroom-kampus, is die beste uitkykpunt vir die verduistering in die sentrale gedeeltes van die land, veral Noordwes. 

Hy sê die dekking wat in Klerksdorp ervaar sal word, is minstens 35%, terwyl dit in ‘n gebied soos Durban aansienlik minder sal wees.

“Dit is uiters belangrik om te noem dat jy onder geen omstandighede, selfs tydens ‘n sonsverduistering, ooit direk na die son moet kyk nie. As jy die gedeeltelike sonsverduistering wil sien, is daar spesiale son-kykers wat jy kan aankoop, of andersins kan jy daarna kyk deur die donker gedeelte van ‘n ou x-straal,” waarsku Engelbrecht.

Die verduistering sal om-en-by 09:00 begin en sy hoogtepunt rondom 11:00 bereik, waarna die skaduwee geleidelik sal wegbeweeg. Die hele verskynsel sal teen 12:00 verby wees.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.