National
Vermeende Gansbaai byl-moordenaar aangekeer─── 06:50 Tue, 22 Feb 2011

Gansbaai - 'n 48-jarige man is gister in hegtenis geneem nadat hy na bewering 'n visserman in sy huis in Gansbaai met 'n byl vermoor het. Wes-Kaapse polisiewoordvoerder Wynand le Roux sê die 46-jarige Jan Human Otto is deur sy vrou gevind nadat sy verskeie ure gesukkel het om hom in die hande te kry. Le Rouz sê sy het gisteroggend 11:00 huis toe gegaan waar sy haar man se bebloede liggaam op hulle slaapkamer se vloer aangetref het. Die polisie het later in byl op die moordtoneel gekry. Slegs 'n selfoon is as gesteel aangemeld. Le Roux sê 'n moordsaak is geopen en die verdagte word ondervra.
Sapa