National
Vodacom beperk BlackBerry Internet Service─── 09:12 Tue, 13 Sep 2011

Midrand - Die selfoondiensverskaffer Vodacom gaan beperkings op die gebruik van sy BlackBerry Internet Service (BIS) plaas. Die diensverskaffer het in 'n verklaring verduidelik slegs 5% van gebruikers dra tot 95% van datagebruik tydens spitstyd by wat die spoed van die diens verlaag. Vodacom se hoof van tegnologie, Andries Delport, het gesê hulle implementeer die beperkings om te verseker die 95% van gebruikers wat die diens regverdig gebruik nie geraak word deur dié wat die diens misbruik nie. As gevolg sal gebruikers wat hul maandelikse limiet van 100 MB oorskry se konneksiespoed vanaf 3G na 2G verlaag word. Gebruikers van die BlackBerry Enterprise sal nie geraak word nie.
Nuus24