Agriculture
Bek-en-klou verslag moet teen Oktober gereed wees─── 15:08 Wed, 20 Jun 2012

Die staat en die landbou het sowat vier maande om 'n volledige verslag oor die land se bek-en-klouseer-vrye status saam te stel. Landbou.com berig dat 'n volledige verslag oor die land se bek-en-klouseer vrye status teen Oktober aan die Wêreld-Organisasie vir Dieregesondheid oorhandig moet word om dié status moontlik teen Mei 2013 weer in te kan stel. Piet Verdoore, voorsitter van die Dieregesondheidsforum, sê daar word tans hard agter die skerms gewerk om al die nodige inligting in te samel en te sorg dat provinsiale departemente se inligting betyds beskikbaar is. Toetse onder diere in al die provinsies moet tans onderneem word as deel van die bewys dat die virus nie verder voorkom nie. Die OIE sal die inligting tydens sy algemene vergadering in 2013 bespreek, waartydens ‘n besluit oor die toekenning van die status geneem sal word. Intussen sê Verdoore vroeëre bewerings oor die voorkoms van die virus in die buffersone tussen Mpumalanga en die Kruger Nasionale Park “is uit verband geruk.”
Landbou.com