On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Renosters geskuif om stropery te verhoed

───   08:22 Tue, 01 Apr 2014

Renosters geskuif om stropery te verhoed | News Article
Nelspruit - Die laaste groep oorblywende renosters gaan binnekort na een enkele terrein verskuif word om hulle veiligheid te verseker en hulle van stropers te beskerm.

“Die aantal oorblywende renosters in Suid-Afrika en die plek waarheen hulle geskuif gaan word, gaan nie bekend gemaak word nie,” het Johan Veldthuizen, woordvoerder van die departement van natuurbewaring, Dinsdag gesê. “Suid-Afrika word geteister deur stropers en die departement is raadop.”

Volgens Veldthuizen gaan die renosters almal saam aangehou word. “Dit vergemaklik die veiligheid van die renosters. ? Groot span veiligheidswagte sal dag en nag die renosters bewaak teen stropers.”

Hy sê die departement begin met ? spesiale teelprogram om die renostergetalle weer op te stoot. “Die moontlikheid bestaan dat die renosters weer in die natuur vrygelaat sal word indien daar weer genoegsame renosters bestaan en stropery iets van die verlede is,” het Veldthuizen bygevoeg.

Die departement wil nie die ligging of aantal renosters bekend maak nie, om seker te maak dat stropers nie dié sensitiewe inligting bekom nie.

Veldthuizen het ook gesê hologram-tegnologie gaan in wildtuine en natuurreservate ingespan word. “Ons wil seker maak dat toeriste en kinders, wat nog nooit renosters in die natuur gesien het nie, steeds ‘renosters’ kan sien. Met die hologram-tegnologie sal dit moontlik wees om die renosters steeds te sien rondbeweeg in die veld. Dit is nie die beste keuse nie, maar dit is die enigste keuse wat ons tans tot ons beskikking het om dié pragdiere te red.

“Die eerste renosters sal op 1 April na die nuwe terrein geskuif word,” het hy afgesluit.
 
Maroela Media 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.