On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: #SONA2019 - Ontleders voorspel grond-kwessie sal min aandag kry

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:46 Thu, 07 Feb 2019

Landbounuus-podcast: #SONA2019 - Ontleders voorspel grond-kwessie sal min aandag kry  | News Article

President Cyril Ramaphosa sal na verwagting in sy staatsrede Donderdag in die Parlement na die grondkwessie verwys, maar gaan nie breedvoerig daaroor uitwei nie omdat hy al op vorige geleenthede oor die kwessie gepraat het.


'n Politieke ontleder, Melanie Verwoerd, sê niks nuuts gaan daaroor gesê word nie. Sy sê siende dit die verkiesingsjaar is, gaan Ramaphosa ook die ANC se prestasies beklemtoon en wat hulle tot dusver ook in die landboubedryf bereik het. Verwoerd sê dit gaan interessant wees om te sien hoe Ramaphosa met betrekking tot die grondkwessie steeds sensitief gaan wees in aanloop tot die verkiesing oor verskeie faksies in die ANC. Ramaphosa gaan moet versigtig speel in terme van die logiese verskille in die ANC, en die meer radikale faksies. Verwoerd sê Ramaphosa gaan beslis fokus op ekonomiese groei, want hy voel sterk daaroor. Sy hoop Ramaphosa raak die droogtesituasie in sekere provinsies in die land aan, maar dit gaan afhang in welke mate die Minister van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Senzeni Zokwana, die agenda beklemtoon het.   

Intussen het Agri SA sy hoop uitgespreek dat President Cyril Ramaphosa in sy staatsrede Donderdag daarin gaan slaag om Suid-Afrika na groter stabiliteit en ekonomiese insluiting kan lei. Dié organisasie se uitvoerende direkteur, Omri van Zyl, sê die landboubedryf is onder geweldige druk weens beleidsonsekerheid, die droogte en die veiligheidsituasie. Daar moet meer duidelikheid gegee word oor die onlangse gepubliseerde wetsontwerp vir onteiening wat verskeie vae terme bevat soos verlate grond en grond wat vir spekulatiewe doeleindes gehou word, en moontlik teen 'n nul-waarde onteien kan word.

EN

Die Rooivleisprodusente organisasie, oftewel die RPO, en Vrystaat Landbou (VL) se veediefstal-hulplyn is in dié provinsie in werking gestel. Skakel Vrydagoggend in op OFM se Before Dawn-landbouprogram tussen 05:00 en 06:00, wanneer OFM se Gerben van Niekerk, met Jane Buys, ‘n veiligheidsrisiko-analis van VL en John Stadler, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie se provinsiale veediefstalvoorkomingsforum, gesels. Die veediefstalsituasie asook dié hulplyn, gaan onder die loep kom. Dié hulplyn het ten doel om veediefstal in die landelike beveiligingstrategie area te bekamp en boere te ondersteun met die proses om verklarings by die polisie in landelike gebiede af te lê.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.