On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Onteiening nie goed vir die land - Agri SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:26 Mon, 10 Jun 2019

Landbounuus-podcast: Onteiening nie goed vir die land - Agri SA | News Article
Agri SA se president, Dan Kriek

Die onteiening van eiendom sonder vergoeding gaan Suid-Afrika in geheel nie laat voortstoom nie. Suid-Afrika kan slegs voortuitstrewend wees deur ekonomiese ontwikkeling, beleggings, entrepreneurskap en goeie samewerking tussen belanghebbendes.


Só meen Agri SA se president, Dan Kriek, wat met OFM-nuus gesels het oor die grondkwessie en wat die stand van sake nou is. Kriek sê Suid-Afrika gaan nie in die toekoms in 'n beter posisie wees as onteiening plaasvind nie. Hy sê die regering het nie meer 'n legio opsies tot sy beskikking met die afname in die land se ekonomiese groei nie, terwyl ekonomiese grou nou vir seker in ag geneem moet word.  Plaaslike beleggers, wat boere insluit, asook buitelanders moet gerusgestel word sodat hulle nog in Suid-Afrika kan belê.

Syngenta Suid-Afrika, in samewerking met Graan SA en die Universiteit van die Vrystaat (UV), gaan hulle toespits om hul graanakademie, wat vanjaar vir die sewende jaar agtereenvolgens suksesvol aangebied is, uit te brei.  Abraham Vermeulen, besturende direkteur van Syngenta, sê dié leierskapprogram is gemik daarop om jong boere, en ander jong betrokkenes, meestal in die graanbedryf, voor te berei op die uitdagings in landbou. Hy sê al 150 studente het dié program voltooi en dié alumni is op 15 Augustus in Pretoria byeen. Daar word ook gepoog om voortaan 'n leierskap-akademie op 'n tweede vlak te vestig. Daar was vanjaar 24 studente van oor die land heen wat dié leierskapprogram voltooi het.

EN

Kundiges in die skaapbedryf verskaf waardevolle inligting vandeesweek op 'n inligtingsessie wat deur die merino-landskaapgenootskap naby Koppies in die Vrystaat aangebied word. Erna Hattingh, administratiewe bestuurder van dié genootskap, sê die inligtingsessie, wat die praktiese hantering van diere insluit, word Woensdag op die plaas Verdeeld aangebied. Sprekers sluit in Mike van den Berg van BKB, wat oor die naspeurbaarheid van wol praat. Kenneth Botha van Barnlab praat oor voeding en vrugbaarheid, en dr. Danie van Zyl oor die bestuur van inentings by skape. Johan Mouton van Molatek, praat oor skaapbeginsels vir uitgebreide boerdery en voerkraal-pitkos, terwyl dr. Danica Liebenberg, oor presisie-insekbeheer vir die voorkoming van bloutong en slenkdalkoors praat. 'n Landskaap-beoordeelaarskursus vind Donderdag op dieselfde plaas by Koppies plaas. Gaan na merinolandskaap.co.za vir meer inligting.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.