Agriculture
Landbounuus-podcast: Gesteelde vleis in hospitale gekry─── 11:30 Fri, 13 Sep 2019
Gesteelde vleis is al voorheen in "shisanyamas" in townships en plaaslike hospitale gekry.
Dít is volgens die minister van polisie, Bheki Cele, wat saam met die nasionale polisiekommissaris, Khehla Sitole, en hoof van die polisie se misdaadnavorsing en -statistiek, Norman Sekhukhune, die jongste misdaadstatistiek gister bekendgemaak het. Statistiek toon veediefstal het met 2,9% in die 2018/19-boekjaar in Suid-Afrika toegeneem. Dit is ook op dié sessie onthul dat misdadigers, hoofsaaklik beeste, skape en bokke teiken. Veediefstal is die grootste toename in die kategorie vir eiendomsmisdade wat 'n algehele daling van 2,5% getoon het, met veediefstal wat die vrot appel in dié kategorie is. Sekhukhune het gesê die toename in veediefstal moet dringend aangespreek word.
EN
Intussen sê die Transvaalse Landbou-unie, TLU SA, se adjunk-hoofbestuurder, Chris van Zyl, daar is steeds kommer oor moorde en aanvalle op boere, al toon die polisie se misdaadstatistiek vir die 2018/19-boekjaar in afname. Die polisie se moordsyfer dui daarop dat 47 plaasmoorde in 41 voorvalle aangemeld is. Van Zyl sê volges TLU se register vir voorvalle wat sedert 1990 opgedateer word, was daar 48 moorde in 357 voorvalle in die 2018/19-boekjaar. Hy sê daar was volgens TLU SA se opname 'n geleidelike afname in dié tipe voorvalle.
OFM-nuus/Olebogeng Motse; Christal-Lize Muller
