On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK se kommersiële boere trek ook swaar weens droogte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:16 Thu, 09 Apr 2020

Landbounuus-podcast: NK se kommersiële boere trek ook swaar weens droogte | News Article

Agri Noord-Kaap moedig nou kommersiële boere in dié provinsie aan om ook aansoek te doen vir die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se Covid19-hulp van R1, 2 miljard.


Dié regeringsingryping is hoofsaaklik op klein- en bestaansboere gemik. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê aansoeke deur georganiseerde landbou moet ingedien word mits daar aan die voorgeskrewe kriterea wat deur die landbouminister, Thoko Didiza, bekendgemaak is, voldoen. Jansen meen die negatiewe impak van die droogte in dié provinsie, wat as 'n droogterampgebied verklaar is, is massief en alle boere is in dié verband in dieselfde boodjie. Jansen sê opkomende kleinboere het dié kapitaalinspuiting nodig veral om koopkrag aan kleiner ondernemings en supermarkte te verleen, maar kommersiële boere trek ook swaar weens die droogte.

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling Thoko Didiza het vandeesweek Covid-19-hulpmaatreëls van R1,2 miljard vir hoofsaaklik kleinboere en boere in kommunale gebiede, wat met pluimvee, en ander lewende hawe boer, en groente en vrugte, produseer, aangekondig. Sy het gesê kleinboere, wat tussen R20 000 en R1 miljoen per jaar uit hul boerdery verdien, sal kwalifiseer. Die hulp sal in die vorm van 'n koopbewys-stelsel wees.  Voorkeur sal aan vroue, jongmense en mense met gestremdhede gegee word. Die sluitingsdatum vir aansoeke is op 22 April. Geen laat inkrywings word toegelaat nie. R50 000 sal per boerdery in die vorm van kooopbewyse beskikbaar gestel word.

EN

Intussen sê die LUR van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling in die Noord-Kaap, Nomandla Bloem, die waarde van kommersiële boere in dié provinsie word nie laag geag nie. Hulle speel 'n belangrike rol ten opsigte van voedselsekerheid in die provinsie, maar die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se ingryping van R21, miljard land om die impak van die Covid-19-virussiekte op klein- en bestaansboere in die land te versag is slegs op dié boere gemik.



OFM-nuus

 


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.