On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Veediefstal tydens inperking kommerwekkend

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:18 Wed, 22 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Veediefstal tydens inperking kommerwekkend | News Article

Veediefstal en die diefstal van gewasse soos mielies op plase tydens die nasionale staat van inperking weens die Covid-19-pandemie, wek groot kommer in georganiseerde landboukringe.

 Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se landelike veilighiedskomitee en vise-president van Vrystaat Landbou (VL),  sê veral die toenemende diefstal van mielies is 'n groot kopseer vir produsente in die Vrystaat. Hy sê VL doen 'n opname om die omvang van dié mieliediefstal te bepaal, waarna daar dringend oor dié kwessie vergader sal word. Agri SA doen ook 'n opname oor die land heen om die omvang van veediefstal en die diefstal van produkte op plase tydens te grendeltydperk te bepaal.  Hy sê daar word op nasionale vlak met ministers gepraat oor die minister van polisie Bheki Cele se verbod tydens die nasionale inperking op die patrollering deur plaaswagte en gemeenskapspolisiëringsforms (GPF's), wat in die landelike veiligheidsplan, ingesluit is.  Hy skryf die toename in diefstal op plase aan dié verbod toe.


Die landboubedryf in Afrika verskil van dié van ander wêreldlande weens klein- en bestaansboere  en daarom is die geldelike en operasionele vermoë van dié lande om op die Covid-19-pandemie te reageer, 'n groot uitdaging. Daarom is meer internasionale steun nodig. Dit was volgens die Suid-Afrikaanse minister van landbou,  grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza,  wat Dinsdag aan 'n virtuele G20-vergadering vir landbouministers deelgeneem het. Didiza het tydens haar  voorlegging die negatiwe impak  op die produskievermoë van talle Afrikalande beklemtoon weens droogtes en vloede en die  Covid-19-pandemie het verdere druk op bedrywe geplaas.  Didiza,  ook die voorsitter van die Afrika-Unie (AU)  se gespesialiseerde tegniese komitee vir landou, het gesê daar is ooreengekom dat 'n taakspan saamgestel is om die situasie rondom voedselsekerheid in Afrika te monitor en in te gryp waar nodig is. Sy het ook voorgestel dat die G20 uitvoerbeperkings aangespreek om beskikbare voedselvooraad vir lidstate te verseker.


EN


Aanlynveilings van lewende hawe in Suid-Afrika se gewildheid is aan die toeneem. Só sê die aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel se direkteur, Petrus van Heerden, wat meen dié aanlynrewolusie is die antwoord op handeldryf in dié uitdagende tye.  Hy sê dit is die tendens oor die wêreld heen in alle bedrywe. Van Heerden meen die uitbreking van bek-en-klouseer, wat tradisionele veilings tydelik verbied het, maar dit is intussen weer opghef, asook die Covid-19-pandemie het aanlynveilings, meer gedryf.  Hy sê al hoe meer verkopers en kopers registreer nou by Beeswinkel en die afgelope tyd is daar meer as 'n duisend diere  aangebied om opgeveil te word. Beeswinkel se volgende aanlynveiling is Donderdag om 14:00.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.