On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Upington hospitaal swyg oor #Covid19 gereedheid

───   10:46 Thu, 24 Dec 2020

Upington hospitaal swyg oor #Covid19 gereedheid | News Article

Terwyl die Suid-Afrikaanse mediese raad waarsku dat 'n groot aantal hospitale sukkel om die mas op te kom, is dit nog nie duidelik of Upington se Dr Harry Surtie-hospitaal - wat as 'n Covid-19 fasiliteit verklaar was - gereed is nie.



Die mediese raad sê in die jongste verslag van die Openbare Beskermer is dit gewys dat persoonlike beskermings toerusting, asook ambulansdienste en die toepassing van higiëniese standaarde by hospitale nie op standaard is nie.

Die mediese raad se voorsitter, Angelique Coetzee sê die tweede vlaag van Covid-19 maak toegang tot basiese gesondheidssorg moeilik, terwyl 'n tekort aan mediese personeel asook toerusting ook dienslewering kniehalter.

Die kliniese hoof van die Dr Harry Surtie-hospitaal-hospitaal, George Isaacs, was nie vir kommentaar beskikbaar oor of die fasiliteit reg is om die verwagte toevloei te hanteer nie. Isaacs het wel gevra dat inwoners hulleself moet onderhewig aan die veiligheidsprotokol veral wanneer mense kuier.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.