On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Hoop op goeie somerreënbuie in Noord-Kaap

───   ELSABÉ RICHARD 14:24 Mon, 21 Jun 2021

Landbounuus-podcast: Hoop op goeie somerreënbuie in Noord-Kaap | News Article

Ná afloop van die somerreënseisoen en ongeveer 50% van die Noord-Kaap wat steeds in erge droogtetoestande vasgevang is, moet nuwe planne gemaak word om die winter te oorleef.

Dit is volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap. Jansen het verlede week 'n inligtingsvideo bekendgestel as deel van 'n groot poging om hulp te kan verleen aan gebiede wat onder erge droogte gebuk gaan. Hierdie video is bekendgestel as deel van Wêreld-woestynvormingsdag wat op 17 Junie gevier is.

Daar het die afgelope paar maande verdere inligting oor ivermektien se positiewe impak op die voorkoming en behandeling van Covid-19 aan die lig gekom. Dit is volgens Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum. Ivermektien is 'n medikasiemiddel wat gebruik word vir die behandeling van verskeie soorte parasietbesmettings. Dit sluit onder meer in kopluise, jeuksiekte en rivierblindheid. Dit kan mondelings geneem of op die vel van die dier toegedien word vir uitwendige besmettings. Uys sê die organisasie se regspan het ’n formele PAIA-aansoek aan die Ministeriële Advieskomitee oor Covid-19 en die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktereguleringsowerheid gestuur. Die doel van die aansoek is om die dokumente en ander inligting te bekom met betrekking tot die evaluering deur dié instellings van ivermektien vir die voorkoming en behandeling van Covid-19.

EN

’n Veekundige wat wyd erkenning geniet het, prof. Izak Groenewald, is in die ouderdom van 72 jaar oorlede weens Covid-19-verwante gesondheidsprobleme. Volgens 'n artikel deur Landbou.com, was hy met sy heengaan die kanselier van die Peritum Agri-instituut in Bloemfontein in die Vrystaat. Sy kollegas het hom geloof vir sy rol as die studieleier van ’n groot aantal doktorsgraad-kandidate. Hy was ’n stigterslid van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Veekundiges en was ook lid van verskeie soortgelyke organisasies en advieskomitees. Hy was onder meer die skrywer en medeskrywer van 85 wetenskaplike artikels in vaktydskrifte en ander publikasies. Groenewald word deur sy vrou, Gertraude, hul twee dogters en hul gesinne oorleef.
           



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.