On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Maak seker jou boerdery is onder die regte sub-klas geregistreer

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 21 Feb 2022

Maak seker jou boerdery is onder die regte sub-klas geregistreer | News Article
Foto: OFM-nuus

Dit is belangrik dat produsente seker moet maak dat hul boerderye onder die korrekte sub-klas by die Vergoedingsfonds geregistreer is.

Hierdie sub-klasse is veeboerdery, gemengde boerdery, suiker en teeboerdery, sowel as grondbewerking en bosbou.  OFM-nuus se Elsabé Richard het met Stephan Pietersen, stigter van Work Accident Support, hieroor gepraat…

Sien onderstaande PODCAST

Die Wet op Beroepsbeserings en Siektes (COIDA) het die landboubedryf in vier sub-klasse verdeel en elkeen van hierdie sub-klasse het sy eie tarief.

Pietersen sê tariewe is gegrond op die risiko wat geassosieer word met die aard van die sub-klas.

LEES: Die vier sub-klasse van landbou en hul tariewe 

Daar is ‘n voorgeskrewe vorm wat die boer moet invul om die sub-klas van sy besigheid te kan verander indien dit onder ‘n verkeerde een geregistreer is.

Pietersen verduidelik dat die produsente hiermee versoek sal word om ten minste agt foto’s van sy boerdery aan te heg, wat foto’s van masjinerie, voertuie en van sy werksaamhede op die plaas insluit.

LEES: Nagevolge vir boere wat nie aan nodige vereistes voldoen nie

Daar word ook van produsente versoek om ‘n verklaring te voltooi, sowel as ‘n lys van name en besighede aan wie hy of sy dienste gelewer het.

Hy raai produsente aan om in kontak te kom met die regte persoon wat goeie agtergrond en kennis het en die regte inligting sal verskaf.

Indien jy enige vrae het of meer oor hierdie onderwerp wil weet, kontak Pietersen by 064 360 2638 of stuur ‘n epos na support@workaccident.co.za. Besoek www.workaccident.co.za vir meer inligting.



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.