On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Die vier sub-klasse van landbou en hul tariewe

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 28 Nov 2022

Die vier sub-klasse van landbou en hul tariewe | News Article
Foto: OFM-nuus

Die Wet op Beroepsbeserings en Siektes (COIDA) verdeel die landboubedryf in vier sub-klasse en elkeen van hierdie sub-klasse het sy eie tarief.

Die stigter van Work Accident Support, Stephan Pietersen, sê tariewe is gegrond op die risiko wat geassosieer word met die aard van die sub-klas. 

Sien onderstaande PODCAST

Hy deel dat tariewe is in 2020 hersien en sal oor ‘n vyf jaar tydperk ingefaseer word, en benadruk die belangrikheid dat alle boere by die Vergoedingsfonds moet registreer om ten einde werkers, wat seisoenwerkers insluit, teen werksbeserings te dek.

LEES OOK: Voordele van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes

Die vier sub-klasse van landbou en hul tariewe:

1. Veeboerdery

  • Hoofsaaklik veeboerdery en enige ander landbou opsies wat nie volgens die sub-klasse geklassifiseer kan word nie, is onderhewig aan die koste van hierdie sub-klas.
  • Die kweek van oesters.
  • Skaapskeerdery.
  • Dippery kontrakteurs.
  • Die organisering en aanbieding van landbouskoue, patrolering van toesig.

Tariewe vir veeboerderye:

Sub-klas
Industrie
Nuwe tarief
2021 tarief
2022 tarief
2023 tarief
2024 tarief
2025 tarief
0111
Veeboerdery
2.65
2.15
2.27
2.39
2.51
2.65


2. Grondbewerking en bosbou

  • Landbou operasies waar die boer hoofsaaklik in bosbou, plantegroei en/of oesting boerdery (grondbewerking/enige tipe oes) behalwe die aanplanting van suikerriet en tee; en het een of meer trekkers en/of elektriese sae.

LEES OOK: Werksbeserings: Wat is 'n vergoedingsfonds se voordele vir werkgewers, werknemers?

  • Die sny van gras.
  • Die saampersing en verpakking van kaf, lusern, ens.
  • Die aanplant van orgideë; ploegwerk.
  • Die afdop van grondneute en/of dorswerk as ‘n besigheid.
  • Let wel: indien die afkap en/of saagmeule bedrywighede nie beperk is tot ‘n werkgewer se eie plantasies nie, sal hierdie operasies ingevolge Klas viii (hout industrie) gegradeer word.

Tariewe vir grondbewerking en bosbou:

Sub-klas
Industrie
Nuwe tarief
2021 tarief
2022 tarief
2023 tarief
2024 tarief
2025 tarief
0114
Grondbewerking en bosbou
2.65
2.13
2.25
2.36
2.51
2.65


3. Gemengde boerdery

  • Landbou operasies waar die boer hoofsaaklik met vee boer en grondbewerking doen op ‘n gelyke skaal, en het een of meer trekkers en/of elektriese sae.

Tariewe vir gemengde boerderye:

Sub-klas
Industrie
Nuwe tarief
2021 tarief
2022 tarief
2023 tarief
2024 tarief
2025 tarief
0116
Gemengde boerdery
1.65
2.65
2.38
2.09
1.86
1.65


4. Suiker en teeboerdery

  • Landbou operasies waar die boer besig is met die aanplanting van suikerriet en/of tee; suikermeule insluitend suikerriet, laai, weeg, ens.

Tariewe vir suiker en teeboerderye:

Sub-klas
Industrie
Nuwe tarief
2021 tarief
2022 tarief
2023 tarief
2024 tarief
2025 tarief
0118
Suiker en teeboerdery
0.65
2.65
1.42
1.17
0.96
0.65


Petersen maan produsente om seker te maak dat hulle boerderye onder die regte sub-klas val en die regte tarief betaal. Sien u “Notice of Assessment”.

Informasie verskaf deur Work Accident Support en die Vergoedingsfonds.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.