On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Meer as 7 600 bale by 25ste wolveiling aangebied

───   05:00 Mon, 21 Mar 2022

Meer as 7 600 bale by 25ste wolveiling aangebied | News Article
Ddie grootste verandering was in die 20,0 mikron segment, met 'n algemene daling van 3,4%. FOTO: OFM-nuus

Volhoubaar gesertifiseerde wol het tydens die 25ste wolveiling van die 2021/2022-seisoen 43% van die Merino wol aanbieding uitgemaak.

Volgens Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, is daar meer as 7 600 bale aangebied, waarvan 94,1% verkoop is. 

Sien onderstaande PODCAST

Victor sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,1% vir nie-RWS en 3,2% vir RWS wol gedaal, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R166,14/kg en R193,06/kg, onderskeidelik gesluit.

Hy sê die grootste verandering was in die 20,0 mikron segment, met 'n algemene daling van 3,4%.

Lees ook: Byna 100% van vandeesweek se bale op wolveiling verkoop

“Op die OVK-veiling is 2 314 bale aangebied, waarvan 97% verkoop is.” In totaal is daar 13 372 bale aangebied, waarvan 96,5% verkoop is.  

“Die hoogste prys op die OVK-veiling, van R226.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot CMY van 16,5 mikron, uit die skeersel van van Bibby Boerdery  vanuit die Frankfort-distrik.

“Die koper was Stucken & Co.,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is vir 23 Maart 2022 geskeduleer, waar sowat 8 324 bale aangebied sal word.



OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.