Agriculture
Plaaslike wolmark vaar tans beter as Australiese wolmark─── 05:00 Fri, 01 Apr 2022

Meer as 5 700 bale wol is in totaal gedurende vandeesweek se wolveiling aangebied, waarvan 94,8% verkoop is.
Sien onderstaande PODCAST
Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 0,7% vir nie-RWS en 1,4% vir RWS wol gestyg, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R162,50/kg en R182,87/kg, onderskeidelik gesluit.
Hy sê die Rand het 2,1% sterker verhandel teen die VSA Dollar en 0,9% sterker teenoor die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling.
LEES OOK: Meer as 94% van bale by 26ste wolveiling verkoop
“Op die OVK veiling is 2 041 bale aangebied, waarvan 96,4% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK veiling, van R229.50/kg, is behaal vir ‘n 3 baal lot AAH van 16.2 mikron, uit die skeersel van Die Kerneels Greyling Trust, vanuit die Wakkerstroom-distrik.
“Die koper was Tianyu SA,” deel Victor.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 6 April 2022 geskeduleer, waar sowat 7 447 bale aangebied sal word.