On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Meer as 94% van bale by 26ste wolveiling verkoop

───   05:00 Mon, 28 Mar 2022

Meer as 94% van bale by 26ste wolveiling verkoop | News Article
Op die OVK-veiling is 2 345 bale aangebied, waarvan 96,8% verkoop is. FOTO: Sabrina Dean.

Daar is in totaal 8 320 bale gedurende die 26ste wolveiling van 2021/22 aangebied, waarvan 94,3% verkoop is.

Sien onderstaande PODCAST

Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,5% vir nie-RWS en 3,9% vir RWS wol gestyg, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R163,70/kg en R185,45/kg, onderskeidelik gesluit.

Lees ook: Meer as 7 600 bale by 25ste wolveiling aangebied

Die Rand het 1,7% sterker verhandel teen die VSA Dollar en 1,6% sterker teenoor die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling.

“Op die OVK-veiling is 2 345 bale aangebied, waarvan 96,8% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling, van R199/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot CMY van 16,0 mikron, uit die skeersel van Four vanuit die Rouxville-distrik.

“Die koper was Stucken & Co,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 30 Maart, waar sowat 6 115 bale aangebied sal word.



OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.