On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Voorbereidings gedoen vir jagseisoen

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 14 Apr 2022

Voorbereidings gedoen vir jagseisoen | News Article
Die beste tyd om the jag is gedurende die wintertyd. FOTO: Thaba Tholo Game Reserve.

Met die jagseisoen om die draai is Ivon Kordom, 'n Koffiefonteinse boer, besig om sy plaas vir jagters voor te berei.

Sien onderstaande PODCAST

Kordom sê "die plaas is eintlik in 2009 aangekoop vir 'n skaap en beesboerdery, maar in 'n latere stadium het ons opgemerk - nadat ons klaar die plaas bekom het - dat daar baie springbokke in en uit oor die grensdrade beweeg, en toe besef ons dat dit ideaal is om met wild ook te kan boer om 'n ekstra inkomste te verdien". 

LEES OOK: Koffiefonteinse boer praat oor boeredag, #Covid19 en dienslewering

"Toe besluit ons om die heining van 1.4m tot by 2.4m te lig en 'n sekere gedeelte van 350 hektaar as 'n wildkamp te gebruik. 

"Sedertdien het ons dit eers vir huishoudelike gebruik gedoen - ons eie wors, biltong, chilli bites en droeë wors verwerk - en toe besef ons dat dit eintlik in 'n besigheid verander kan word."

"Ons het ses verskillende spesies op die plaas. Dit sluit in kudus, blouwildebees, gemsbok, blesbok, volstruis, sowel as springbok," voeg hy by.

Hy sê die tyd om te jag is gedurende die wintertyd. "Meeste van ons skiet in die winter. Die rede is dat wildsbokke in die somer aanteel, dis waarom dit die beste in ons area is om in die winter te jag," vertel hy.

Hy eindig deur te sê dat hulle graag produkte oorsee ook wil uitvoer en dat hulle uitsien na die jagseisoen.




OFM-nuus/Lee Simmons

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.