Agriculture
Koffiefonteinse boer praat oor boeredag, #Covid19 en dienslewering─── 05:00 Wed, 30 Mar 2022

‘n Boer in die Koffiefontein-omgewing in die Vrystaat het onlangs ‘n boeredag vir opkomende boere van regoor die provinsie aangebied om lig te werp op hoe om hulle plase in hierdie onsekere tye te bestuur.
Sien onderstaande PODCAST
Ivon Kordom, eienaar van die Fredericksfontein-plaas, sê die plaas is al van 2007 af in die familie. “Ons boerdery bestaan uit ‘n gemengde boerdery van lewendehawe, wat skape, beeste, wild en varke insluit. Die grootte van die grond is 950 hektaar,” voeg hy by.
Hy verduidelik dat hulle verskillende opleidingsprogramme saam met die departement doen.
LEES OOK: Agri NK praat oor uitdagings
Kordom praat oor die boeredag wat ‘n groot sukses was. Hy sê die boeredag is rondom opkomende boere beplan, om inligting aan hulle oor te dra oor hoe om na hulle diere om te sien en hoe om te voorkom dat siektes versprei. Hy voeg by dat die gasspreker die welbekende dr. Faffa Malan was, wie se vyfpuntplan hy baie geniet het, naamlik hoe om jou dier se gedrag waar te neem voordat jy enige medisyne gee, sê Kordom.
Hy sê die impak van Covid-19 is baie erg en dat dit die volhoubaarheid van die plaas baie beïnvloed het. Hy noem ook dat die finansiële impak van Covid-19 nog baie hersteltyd gaan benodig.
Kordom sluit af deur die borge te bedank wat tot die suksesvolle dag help bydra het. Hy versoek kommersiële boere en finansiële instansies om saam te werk en hulp aan opkomende boere te bied.