On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaatse boer praat oor verlede jaar se verwoestende velbrande op plaas

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 26 Apr 2022

Vrystaatse boer praat oor verlede jaar se verwoestende velbrande op plaas  | News Article
FOTO: Verskaf.

Retha van der Westhuizen, ‘n melkboer van Boshof in die Vrystaat, is een van die boere in sentraal Suid-Afrika wat in Augustus verlede jaar deur verwoestende veldbrande geraak is.

Sien onderstaande PODCAST

Van der Westhuizen, ook bekend as Ann the Calf Lady, is steeds besig om van hierdie veldbrande te herstel.

Sy vertel dat só ‘n ervaring “laat ‘n mens maar eintlik morsdood binne, want dis eintlik in ‘n oomblik van skok want jy verwag dit nie. En die volgende oomblik as jy kyk, dan is dit net vlamme rondom jou.”

Drie vure het gelyk op die plaas afgekom en het dadelik paniek en angs gesaai. Veiligheidsgroepe vanuit Kimberley en Petrusburg het binne minute op die toneel opgedaag nadat hulle van dié brande bewus gemaak is, en het dadelik vure begin blus.

LEES OOK: Verwoestende veldbrande hou groot finansiële implikasies vir boere in

Van der Westhuizen sê haar hele opstel is in die brand verwoes en sy het 150 maand-oud kalwers verloor. “In daardie stadium was my hoofinkomste kalwers. Ek kry kalwers uit die Oos-Kaap uit en dan vat ek hulle maandeliks en maak hulle tot ‘n maand oud groot en versprei hulle verder… 

"Van paniek het ek al die kalfies probeer in hulle hokke in die geboue inkry om hulle te beskerm… Maar die roet het op hulle longetjies ook gaan lê en jy kon hulle nie red nie,” vertel Van der Westhuizen.

Die veldbrande het nie net strukture, weivelde en diere verwoes nie, maar dit het ook haar inkomste van haar ontneem.

Sy het toe begin boerseep kook en verkoop om ‘n inkomste te kan verdien en om weer op die been te kom.

LEES OOK: Duisende hektaar weiveld in NK, VS en NW verwoes

Die herstelproses

Die herstelproses was ‘n moeilike een – emosioneel en geestelik. Van der Westhuizen vertel hoe sy die gebeure herleef "want jy gaan deur ontsettend baie trane. Aan die begin het jy net gesit. As jy opstaan dan sit jy [weer] doodstil.

“Toe het ‘n vriendin van my gesê kom ons begin ‘n webblad en dan kyk ons of ons só hulp kan kry.”


Dit volg nadat honderde duisende hektaar weiveld in totaal in die Vrystaat sowel as die Noordwes en Noord-Kaap verwoes is. 

Erich Stoch, voorsitter van die Noordwes Sambreel-brandbeskermingsvereniging, het in September verlede jaar met OFM-nuus gedeel dat skade weens wegholveldbrande in Noordwes vanaf 1 Mei en 23 September 2021 tussen as R2,75  en R3,5 miljard beloop het.

Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, het ook verlede jaar met OFM-nuus gedeel dat die Augustus-winde bygedra het tot die verspreiding van wegholveldbrande.

LEES OOK: Boere gewaarsku oor moontlike veldbrande

Waarkuwing oor veldbrande hierdie brandseisoen

Die voortdurende reënval wat in dele van sentraal Suid-Afrika voorgekom het, het tot gevolg gehad dat oormatige brandbare materiaal beskikbaar is. Vir daardie rede word produsente en die breër publiek gewaarsku dat hierdie jaar se brandseisoen ook baie aktief kan wees en dat voorsorgmaatreëls nou al in plek gestel moet word.

Voorsorgmaatreëls sluit in brandbane, die verkryging van toerusting vir brandbestryding en beskermende klere.

Diegene wat graag 'n donasie wil maak of in kontak wil kom met Van der Westhuizen, kan 'n epos stuur na info@prowebnc.co.za of haar Facebook-blad besoek.



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.