Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 01 Jun 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die CBOT-mark was Maandag gesluit weens 'n nasionale vakansiedag.
In die Suidelike Halfrond is die stroop proses aan die gang vir groot uitvoerders, wat Brasilië (eerste oes), Argentinië en Suid-Afrika insluit. In Brasilië en Argentinië is die plantseisoen van die tweede oes onder gunstige toestande. In die Noordelike Halfrond is aanplanting in baie groot uitvoerlande aan die gang. Toestande is oor die algemeen gunstig.
Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Dinsdag effens afwaarts verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R36/ton (- 0,77%) gedaal om teen R4 633/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R40/ton (- 0,83%) laer te verhandel en teen R4 712/ton te sluit. Verhoging van plaaslike mielievoorraad kan 'n mate van prysdruk verlig.
Sojaboon:
Die CBOT-mark was Maandag gesluit weens 'n nasionale vakansiedag.
In die Suidelike Halfrond begin oes in Argentinië en Brasilië met gunstige toestande. Sommige gebiede het egter laer opbrengste as gevolg van warm en droë toestande tydens die vroeër stadiums van produksie. In die Noordelike Halfrond is aanplanting in die Verenigde State, China sowel as dele van Europa aan die gang. Streng globale oliesadevoorraad bied steeds fundamentele ondersteuning vir huidige pryse.
Die binnelandse sojaboonkontrakte het Dinsdag met effens opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2022 met R73/ton (+ 0,78%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R9 400/ton.
Koring:
Die CBOT-mark was Maandag gesluit weens 'n nasionale vakansiedag.
In die Noordelike Halfrond is groot uitvoerders soos Kanada en die Europese Unie in die vroeë stadiums van die plant van die lentekoringoes. Terwyl ander groot uitvoerlande soos die Oekraïne en Rusland middelseisoen vir die winterkoringoes is. Winterkoringtoestande in die VSA en EU is gemeng as gevolg van klimaatstoestande. Indië is besig met die oes van hul Rabi-koring onder uiterste hitte toestande. In die Suidelike Halfrond plant Australië, wat ook 'n groot uitvoerland is, onder gunstige toestande. Huidige koringkontrakpryse word minder gedryf deur korttermyn aanbod en handelsvloei onsekerheid, maar meer so deur moontlike toekomstige koringtekorte.
Die binnelandse koringkontrakte het Dinsdag afwaarts verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2022 met R105/ton (- 1,29%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R8 050/ton. Die Desember 2022 koring kontrak het met R128/ton (- 1,7%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 420/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
