Agriculture
Meer as 7 600 bale by 33ste wolveiling aangebied─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 03 Jun 2022
Daar is in totaal 7 642 bale by die 33ste wolveiling aangebied, waarvan 85,8% verkoop is.
Sien onderstaande PODCAST
Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 0,1% vir nie-RWS en 0,3% vir RWS wol verswak, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R165,16/kg en R183,56/kg, onderskeidelik gesluit.
Hy sê die Rand het 2,5% sterker verhandel teen die VSA Doller en 0,7% sterker teenoor die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling.
LEES OOK: Positiewe vertoning in SA wolmark ten spyte van versterking in Rand
“Op die OVK veiling is 2 137 bale aangebied, waarvan 89,1% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK veiling, van R220,10/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 17.8 mikron, uit die skeersel van Hendri Boerdery, vanuit die Burgersdorp-distrik..
“Die koper was Segard Masurel SA,” deel Victor.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 8 Junie 2022 geskeduleer, wat ook die laaste veiling van die 2021/22-seisoen gaan wees.
