On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Loonopgawes is ingehandig, wat nou?

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 08 Jun 2022

Loonopgawes is ingehandig, wat nou? | News Article

Die sperdatum vir die inhandiging van loopopgawes is verby, maar wat gebeur nou?

Stephan Pietersen van Work Accident Support het met OFM-nuus se Elsabé Richard-May hieroor gesels.

Sien onderstaande PODCAST

Die sperdatum vir die inhandiging van loonpgawes was 31 Mei. Wat gebeur nou verder?

Produsente wat hul loonopgawes elektronies ingehandig het sou onmiddelik ‘n rekening ontvang het wat betaalbaar is binne 30 dae. ‘n Afbetalingsreëling kan ook getref word.

Gedurende Januarie volgende jaar sal die Vergoedingsfonds ook vooruitskattings doen op produsente se rekeninge wie nie hul loonopgawes verklaar het nie en wat hoër kan wees as wat die produsent werklik betaal het. Daar sal dan ‘n addisionele boete uitgereik word vir die laat inhandiging.

So, dit is belangrik dat produsente wie nie betyds hul lone verklaar het nie dit so gou as moontlik doen.

LEES OOK: Produsente moet loonopgawes by Vergoedingsfonds verklaar

Watter ander moontlike gevolge is daar?

Wanneer betalings aan produsente gemaak word is die Vergoedingsfonds geneig om eers te kyk of hierdie rekeninge op datum is voordat hulle enige voordele uitbetaal. Dit kan ook ongelukkig daartoe lei dat produsente baie geld verloor in die proses as hulle nie in goeie stand is nie. Dit beteken dat die Vergoedingsfonds alle voordele terug kan hou. Produsente kan wel werksbeserings registreer, maar die fonds sal nie die mediese kostes betaal nie.

LEES OOK: Werksbeserings: Wat is 'n vergoedingsfonds se voordele vir werkgewers, werknemers?

Watter belangrike informasie dink jy moet produsente na kyk?

Die Vergoedingsfonds het in 2020 die tariewe vir aanslag hersien. Dit word op die rekening aangedui en produsente moet asb daarna kyk en seker maak dat die tariewe korrek is.

Enigiemand kan my gerus kontak vir meer hieroor.

Ook belangrik is dat die proses vir die inhandiging van die loonopgawes wel verander het en moet nou op die Departement van Indiensneming en Arbeid se webtuiste verklaar word, en nie meer per pos soos in die verlede nie.

Stephan Pietersen

064 360 2638

support@workaccident.co.za


">


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.