On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

#BakkieArm: Help om landelike veiligheid te verseker

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 13 Jun 2022

#BakkieArm: Help om landelike veiligheid te verseker | News Article
FOTO: Van links na regs: Carl Kirstein, CFO van Mosaic SA, opleidingsadviseur met 'n passie vir die landbou; Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA en Pieter Moller.

Die voorkoming én bekamping van misdaad in landelike gebiede regoor Suid-Afrika bly 'n prioriteit van onder meer boere en landbou-organisasies.

Agri Securitas is een so 'n organisasie wat vanaf 1991 hulle vir landelike veiligheid beywer.

LEES OOK: Kry jou eie OFM #BakkieArm

Dié nie-winsgewende organisasie streef na 'n veiliger landelike omgewing deur plaaslike veiligheidsprojekte te ondersteun, wat gemik is op die implementering van voorkomende maatreëls.

Agri Securitas beklemtoon dat plaasveiligheid van nasionale belang is en dat 70% van plase misdaad ervaar. Daarmee saam toon skokkende statistieke deur die organisasie dat dat gemiddeld 92 moorde en 663 aanvalle per jaar plaasvind.

LEES OOK: Virtuele staptog teen plaasaanvalle en –moorde

Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA - en een van die trustees van Agri Securitas, verduidelik dat die organisasie fokus op die insameling van fondse wat benut word om veiligheidskamerastelsels en ander veiligheidsmeganismes in plek te sit.

“Groot sukses word behaal want nie net sien mense watter vreemdelinge daar in die omgewing rondbeweeg nie, maar polisie word ook verwittig van motordiefstal, as daar ‘n vreemde motor deurglip, of as daar ‘n brand uitbreek. Die kamera waarsku dan die boer,” voeg Van der Rheede by.

Ter ondersteuning van Agri Securitas, het OFM 'n fondsinsamelingsprojek, genaamd #BakkieArm, van stapel getuur. 

Bakkie-arm is 'n woord wat verwys na ’n bestuurder se regterarm wat weens verlengde blootstelling aan die son bruiner gebrand is as hul linkerarm. 

Die Good Morning Breakfast, wat weeksdae vanaf 06:00 – 09:00 uitgesaai word, se jongste patent, die #BakkieArm-mou, gaan nie net jou arm teen die son beskerm nie, OFM beoog ook om met die verkope hiervan fondse in te samel vir Agri Securitas. 

Een-honderd persent van die opbrengs sal aan Agri Securitas geskenk word. 

“Ons verwelkom hierdie kreatiewe projek en ons hoop dit gaan van krag tot krag om landelike veiligheid te bevorder, en seker te maak dat ons boere in rus en vrede, en in ‘n beskermende omgewing voedsel vir die land kan produseer,” sluit Van der Rheede af.

’n Bakkie-arm-mou kan teen ’n donasie vanaf R100 elk aangekoop word op OFM se webwerf. 

Volg #BakkieArm op sosiale media vir die jongste nuus oor dié fondsinsameling.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.