On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 24 Jun 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Photoxpress.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het sy afwaartse tendens voortgesit vir die tweede opeenvolgende sessie. Die naby maand mieliepryse was die enigste ligpunt in ‘n donker tonnel vir graan pryse en het 0,75% geklim, maar die verder maande het in die rooi gesluit na ‘n rondte van gemengde tegniese bewegings.

Die Brasiliaanse konsultasie maatskappy Agroconsult het sy produksieskatting vir die tweede mielie-oes met 1,9% verhoog. Sprake van ‘n humanitêre strook uit die Oekraïne eis steeds sy tol op graan pryse.

Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het sy afwaartse tendens voortgesit vir die derde sessie in ‘n ry. Witmielies het tot en met 2,6% verloor en geelmielies 3,1%.

Die witmieliekontrak het vir Junie R72/ton laer verhandel vir die dag om teen R4 338/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie het R82/ton swakker verhandel teen R4 4320/ton.

Die geelmieliekontrak vir Junie 2022 het R98/ton swakker verhandel teen R4 355/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie het teen R4 375/ton verhandel.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het sy afwaartse tendens voortgesit met pryse wat ondersteuning verloor het weens goeie weer vooruitsigte wat produksie positief beïnvloed wat gelei het tot ‘n rondte tegniese verkope. Oorspoel swakheid vanaf olie het pryse verder onder druk geplaas.

Pryse is tans op die laagste punt in die laaste maand. Die toestand van die Amerikaanse sojaboonoes is 68% goed tot uitstekend. Brasilië het sy sojaboonproduksie vooruitsigte verlaag vanaf die vorige week.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het ‘n baie rowwe dag gehad met pryse wat tussen 2,5% en 2,7% gedaal het.

Die sojaboon Junie ’22-kontrak het R235/ton swakker verhandel teen R8 650/ton. Die sojaboon Julie ’22-kontrak het R220/ton laer verhandel teen R8 702/ton. Die sojaboon September ’22-kontrak het teen R8 840/ton, R220/ton swakker, verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het oornag hoër verhandel maar het teen sluitingstyd in die rooi verhandel. Onsekerheid was waarneembaar in die mark na ‘n verslag uit gekom het wat aandui dat ‘n Russiese missiel die Oekraïnse hawe dorp van Mykolaiv getref het.

Handelaars is steeds onseker in watse rigting die mark gaan beweeg met die Russiese inval en verhoogde stroop vordering in die Noordelike halfrond in ag geneem. Slegs 30% van die winter koringoes is in goed tot uitstekende kondisie met 43% wat sleg tot uiters sleg gegradeer is. Stroop vordering staan tans op 25% vanaf laas week se 10%.  

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het ook swak presteer met pryse wat tussen 1% en 2,1% geval het.

Die koring Junie '22-kontrak het teen R7 701/ton verhandel. Die koring Julie ’22-kontrak het teen R7 505/ton verhandel, R155/ton swakker.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.