On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 27 Jun 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het vatbare verliese aangeteken die afgelope paar dae met pryse wat vir nog ‘n sessie laer verhandel het. Mieliepryse het 3% verloor weens weervoorspellings broodnodige reën aandui oor groot gedeeltes van Amerika, wat gelei het tot ‘n rondte tegniese verkope.

Oorspoel-swakheid vanaf verskeie kommoditeite het ook druk op pryse geplaas. Moontlike uitvoer vanaf Oekraïnse graanstore plaas ook druk op pryse wat tans op so 'n vlak is dat pryse baie wisselvallig is.

Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het gemeng gesluit, maar het brieke aangedraai ná gister se groot verliese. Pryse was meestal aan die negatiewe kant, maar verliese was marginaal.

Die witmieliekontrak het vir Julie R15/ton hoër verhandel vir die dag om teen R4 3321/ton te sluit. Witmielies vir lewering in September het R1/ton swakker verhandel teen R4 371/ton.

Die geelmieliekontrak vir Julie 2022 het R4/ton swakker verhandel teen R4 365/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in September teen R4 423/ton verhandel.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het ondersteuning verloor ná ‘n rondte tegniese verkope wat pryse op gemiddeld 3% laat val het. Hierdie druk is veroorsaak deur oorspoel-swakheid vanaf verskeie kommoditeite, insluitend mielies, koring en olie.

Sojaboonkontrakte verhandel nou vir die eerste keer sedert April onder 16$/skepel. China het sy sojameel -aanbod drie maal verhoog oor die afgelope drie maande wat veroorsaak het dat pryse 1,5% val in een dag.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het weer eens vatbare verliese getoon danksy die swak Amerikaanse mark en verhoogde stroopdruk. Pryse het tot en met 2,5% verloor.

Die sojaboon Julie ’22-kontrak het R194/ton swakker verhandel teen R8 508/ton. Die sojaboon September ’22-kontrak het R212/ton laer verhandel teen R8 628/ton. Die sojaboon Desember ’22-kontrak het teen R8 762/ton vrhandel, R204/ton swakker.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het vir nog ‘n sessie swakker verhandel met pryse wat op gemiddeld tussen 2% en 3,75% verloor het. Pryse was onder druk geplaas weens verlaagde vrese oor wêreldvraag en stroopdruk vanuit die Noordelike halfrond.

Oorspoel-swakheid vanaf sojabone, mielies en olie het pryse verder afwaarts gedruk. Argentinië het sy produksieskatting vir koring verlaag. Argentinië was die sewende grootste koring-uitvoerder in 2021.  

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het weer eens vatbare verliese gesien met pryse wat tussen 1% en 1,6% gedaal het.

Die koring Julie '22-kontrak het teen R7 434/ton verhandel. Die koring September ’22-kontrak het teen R7 370/ton verhandel, R117/ton swakker.

OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.