On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

‘Lyk nie of Julie-maand so intens koud gaan wees nie’

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 05 Jul 2022

 ‘Lyk nie of Julie-maand so intens koud gaan wees nie’ | News Article

Alhoewel Julie-maand nie so intens koud gaan wees soos voorheen voorspel is nie, kan Sentraal Suid-Afrikaners hulself hierdie week voorberei op lae temperature.

Sien onderstaande PODCAST

Johan van den Berg, ‘n onafhanklike landbouweerkundige, sê dat nadat ‘n frontale stelsel gedurende die naweek oor Kaapstad beweeg het, het ‘n sogenaamde somerstelsel begin ontwikkel wat ‘n wolkmassa oor Namibië, dele van die Noord-Kaap, Vrystaat en die Noordwes ingedruk het. Hy sê egter hierdie is nie reënwolke nie.

LEES OOK: Winter is amptelik hier, veeboere gewaarsku

Inwoners van Bloemfontein en omliggende gebiede kan wel van Woensdag af redelike lae minimum temperature van onder vriespunt verwag. Minimum temperature behoort weer te styg soos die naweek nader, sê Van den Berg.

In dele van Upington in die Noord-Kaap kan inwoners minimum temperature van 4 tot 8 grade Celsius verwag. Wat dagtemperature in die Noord-Kaap betref, sê Van den Berg kan inwoners uitsien na temperature van tot 20 grade Celsius.

Reënvooruitsigte

Korttermyn-weervooruitsigte, wat Augustus insluit, toon nie dat reën in Sentraal Suid-Afrika verwag word nie.

LEES OOK: Nóg swaar reën kan lei tot oesverliese in Noord-Kaap

“Ons sit met ‘n redelike sterk La Niña-stelsel, en gewoonlik tydens La Niña-verskynsels reën dit tot in Junie-maand, soos wat ons vanjaar ervaar het. Maar dan is Julie, Augustus en selfs September [gewoonlik] droër.

“So, dit lyk nie of hier groot reën in die volgende tyd vir die sentrale tot westelike binneland op pad is nie.”

Brandwaarskuwings

OFM-nuus het vroeër berig dat Van den Berg inwoners waarsku dat daar veral in Julie, Augustus en September ‘n baie groot risiko vir veldbrande is.

Daarmee saam het Johan Breytenbach van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging, OFM-nuus ingelig dat veldbrande oor die afgelope drie jaar in die Vrystaat aansienlik toegeneem het.

LEES OOK: Verwoestende veldbrande hou groot finansiële implikasies vir boere in

Die brandbeskermingsvereniging het, in samewerking met ander belanghebbendes soos die Vrystaatse Departement van Landbou en Working on Fire, in Mei 'n veldbrand-bewusmakingsdag gehou.

Dit volg nadat veldbrande in die Vrystaat, Noord-Kaap sowel as Noordwes verlede jaar duisende hektaar weiveld verwoes het.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.